´n Eensame wand´laar
geen plek is ek tuis
al soekend swerf ek so alleen
al vroeg in my lewe
was ek sonder huis
met niemand wat oor my kan ween

Wag daar iewers liefde vir my
´n herberg vol vreug´d
ja daar wil ek bly
ek wil al my sorge vergeet
want daar wil ek rus
my siel weer verjeug

´n Wandlaar so eensaam
geen vriend het ek meer
my paadjie loop dood elke keer
met voete wat struikel
stap ek oor die rand
miskien is daar hoop anderkant

Wag daar iewers liefde vir my
´n herberg vol vreug´d
ja daar wil ek bly
ek wil al my sorge vergeet
want daar wil ek rus
my siel weer verjeug

Wag daar iewers liefde vir my
´n herberg vol vreug´d
ja daar wil ek bly
ek wil al my sorge vergeet
want daar wil ek rus
my siel weer verjeug