Hoeveel kinders huil elke nag
Hoeveel pyn hou die mense vas
Hoeveel soek nog na die lig
Om hul harte te verlig
Ons droom van ´n heel aarde
Waar liefde altyd heers
Want met harte swaar
En met oë blind
Soek hulle na die lug
Maar ek hoor …
Ver ´n koor …

Slaap nou my kind
kyk jou Vader hou wag
Jy word omring deur my liefde
Maak toe jou oë
En rus nou my kind
En twyfel nie vir een enkel oomblik

Hoeveel mense smag na die lug
Hoeveel kinders ly daardeur dors
Hoeveel dwale doelloos rond
Verlore sonder huis of grond
Verstaan nie Sy reddingsplan
Sy liefde red ons dan
Maar hul bly steeds blind
Glo nie soos ´n kind
Roep na die hemel, jy sal vind
Maar ek hoor …
Weer die koor …

Slaap nou my kind
kyk jou Vader hou wag
Jy word omring deur My liefde
Maak toe jou oë
En rus nou my kind
En twyfel nie vir een enkel oomblik

Maak toe jou oë
En rus nou my kind
En twyfel nie vir een enkel oomblik