Almal van ons weet hoe vry is die windjie
as hy waai wil hy waai
as hy draai wil hy draai
die windjie
Oral om ons die gesuis van die windjie
en hy dra aan ons oor
die gevoel om weer vry te wees

Ruiter van die windjie wil ek bly
vryer as die voëltjies rondom my,
van verre lande vertel ek
goue sande en die see, o ho ho ho
Ruiter van die windjie o so vry
stewig op jou ruggie wil ek bly
en oral waar jy mag swerwe
voer jy my ook altyd mee

Saans as ek slaap slaap ek tussen die blare
deur jou liedjie gesus
as jy saggies versteur die blare
Vroeg voor die eerste straal skyn van die môre
is ons twee weer op reis
na die vryheid wat vir ons loer

Ruiter van die windjie wil ek bly
vryer as die voëltjies rondom my,
van verre lande vertel ek
goue sande en die see, o ho ho ho
Ruiter van die windjie o so vry
stewig op jou ruggie wil ek bly
en oral waar jy mag swerwe voer jy my ook altyd mee

o ho ho ho
o ho ho ho

Ruiter van die windjie wil ek bly
vryer as die voëltjies rondom my,
van verre lande vertel ek
goue sande en die see, o ho ho ho
Ruiter van die windjie o so vry
stewig op jou ruggie wil ek bly
en oral waar jy mag swerwe
voer jy my ook altyd mee
en oral waar jy mag swerwe
voer jy my ook altyd mee