Haai nooi, ek het ´n hemelbed
Ek is die man, vir ware liefde
Haai nooi, ek is ´n gawe ou
Kom dans vansaand met my
Haai nooi, kyk net my hemelbed
Ek wil so graag met jou gaan trou
Ek wil jou net vir myself hê
En liefhê soos geen ander ou

Ek se altyd net waaraan ek dink
En doen mos net wat ek wil
Is nie meer bang vir nare drome
Dra my hart mos op my mou
Ek glo nog aan die ware liefde
En soek nog na die regte vrou
Ek wil nie meer so eensaam wees nie
Jy weet my skat, ek het jou lief

Haai nooi, ek het ´n hemelbed
Ek is die man, vir ware liefde
Haai nooi, ek is ´n gawe ou
Kom dans vansaand met my
Haai nooi, kyk net my hemelbed
Ek wil so graag met jou gaan trou
Ek wil jou net vir myself hê
En liefhê soos geen ander ou

Ek loop so kaalvoet in die reen
Ek dans altyd graag net met jou
Word glad nie meer so maklik verlei
Miskien wei tog net deur jou
Ek soek nie meer klein wonders
Glo dat ek ware liefde het
Ek wil nie meer so eensaam wees nie
Jy weet, ek dink ek het jou lief

Haai nooi, ek het ´n hemelbed
Ek is die man, vir ware liefde
Haai nooi, ek is ´n gawe ou
Kom dans vansaand met my
Haai nooi, kyk net my hemelbed
Ek wil so graag met jou gaan trou
Ek wil jou net vir myself hê
En liefhê tot in ewigheld
En liefhê tot in ewigheld