Môre is Sondag
Dit maak weer my hart so bly
onder die bome
dis waar jy sal wag vir my
daar is ´n plekkie
´n skuiling vir ek en jy
wens môre was hier

Ja, môre is Sondag
die dag wat my vreugde bring
hoog in die bome
sal voëltjies van liefde sing
jou blye laggie
so vol van betowering
wens môre was hier

Die son die lag
in die hemel so blou
want môre is hier
en oral word velde groen
sag deur die wind gesoen
en ook die blomme so mooi
my soentjie sag
op jou lippies wat wag
ons môre is hier
en saam sal ons wandel
deur net elke dag
ons môre te sien

Môre is Sondag
Dit maak weer my hart so bly
onder die bome
dis waar jy sal wag vir my
daar is ´n plekkie
´n skuiling vir ek en jy
wens môre was hier

Ja, môre is Sondag
die dag wat my vreugde bring
hoog in die bome
sal voëltjies van liefde sing
jou blye laggie
so vol van betowering
ons môre is hier

Die son die lag
in die hemel so blou
want môre is hier
en oral word velde groen
sag deur die wind gesoen
en ook die blomme so mooi
my soentjie sag
op jou lippies wat wag
ons môre is hier
en saam sal ons wandel
deur net elke dag
ons môre te sien

Ja, môre is Sondag
Dit maak weer my hart so bly
onder die bome
dis waar jy sal wag vir my
daar is ´n plekkie
´n skuiling vir ek en jy
wens môre was hier

Ja, môre is Sondag
die dag wat my vreugde bring
hoog in die bome
sal voëltjies van liefde sing
jou blye laggie
so vol van betowering
ons môre is hier
ons môre is hier