Ek wou vir jou gevra het
Waarom jy nie wil trou
Ek wou lankal gesê het
Hoe baie ek van jou hou
Sou jy dalk na my luister
As ek net vir jou kom sing
Sou jy dalk vir my glimlag
As ek vir jou blomme gaan bring

Kom staan ´n bietjie nader
Jy weet ek hou van jou
Nog net so effens nader
Dat ek jou hand styfvas hou
Ek wil jou vir die dans nooi
gaan wys hoe skyn die maan
hoe duisend sterre skitter
dan steel ek ´n soen in die laan

My hart klop tog so vinnig
As ek net na jou kyk
´n Reëndag word vol sonskyn
my hart is vol geluk
ek pluk ´n duisend rose
ek doen dit elke dag
dan droom ons saam ons drome
en kyk hoe ons môres dan lag

Kom staan ´n bietjie nader
Jy weet ek hou van jou
Nog net so effens nader
Dat ek jou hand styfvas hou
Ek wil jou vir die dans nooi
gaan wys hoe skyn die maan
hoe duisend sterre skitter
dan steel ek ´n soen in die laan

Kom staan ´n bietjie nader
Jy weet ek hou van jou
Nog net so effens nader
Dat ek jou hand styfvas hou
Ek wil jou vir die dans nooi
gaan wys hoe skyn die maan
hoe duisend sterre skitter
dan steel ek ´n soen in die laan
dan steel ek ´n soen in die laan