Kleine Janneman
pa se groot seun
in sy hart woon geen ander as jy nie
daar´s geen ander op aarde vir hom nie
dis net jy wat sy lewer regeer

Kleine Janneman
pa se hartedief
waar kan ooit weer twee ogies so blou wees
waar kan ooit weer ´n liefde so trou wees
waar is ooit weer ´n mondjie so soet

Kleine Janneman
mag jou lewenspad
net met liefde en vreugde geseën wees
mag daar altyd weer sonskyn na reën wees
mag ons Hemelse Vader jou seën

Kleine Janneman
pa se groot seun
in sy hart woon geen ander as jy nie
daar´s geen ander op aarde vir hom nie
dit net jy wat sy lewe regeer
dis net jy wat sy lewe regeer