Ek droom elke nag dieseliefde droom
Ek voel so verlore in tyd en ruim
Net fluisterende skadu´s rondom my
En dit verstaan ek nie
Ek kyk na ´n wêreld grys en grou
En sien geen ligte wat skyn
Wie het die aarde dan so verwoes?
Hoe kon dit ooit gebeur?

Want die skoonheid van die natuur
Wil ek ook vir my kinders laat sien
Die ruigtes vol wild en ´n waterstroom
Die sterre wat blik in die hemelruim
En die maan wat sy blinkpad loop
Want ons het mos ´n opdrag gekry
Om bestuurders met wysheid hier te wees
Oor die ganse natuur

Ek droom vandag weer ´n nuwe droom
Ek hoor ´n vreugdelied, ek sien ´n blom
Ek hoor ´n klokhelder stem
Dis nie die einde nie
Ek sien grasgroen velde vir myle ver
En ´n boom wat bloedrooi blom
Ons kan dit nie laat sterwe
Dit laat ons nie gebeur

Want die skoonheid van die natuur
Wil ek ook vir my kinders laat sien
Die ruigtes vol wild en ´n waterstroom
Die sterre wat blik in die hemelruim
En die maan wat sy blinkpad loop
Want ons het mos ´n opdrag gekry
Om bestuurders met wysheid hier te wees
Oor die ganse natuur

Droom ekof is dit werklik?
Net ´n fantasie
´n nuwe dag bring tog weer hoop
ons het ons aarde lief

Want die skoonheid van die natuur
Wil ek ook vir my kinders laat sien
Die ruigtes vol wild en ´n waterstroom
Die sterre wat blik in die hemelruim
En die maan wat sy blinkpad loop
Want ons het mos ´n opdrag gekry
Om bestuurders met wysheid hier te wees
Oor die ganse natuur