Ek dink aan jou
met hartseer en verlange
Ek dink aan jou
en droom jy´s hier by my
want soveel jaar met net herinineringe
verlang ek steeds, want jy is ver van my

Ek dink aan jou
as die maan skyn oor die see
Ek dink aan jou
as die ver wind om my waai
want sonder jou is als leeg en so eensaam
Ek dink aan jou, ek dink aan jou
ek´t jou so lief

Ek dink aan jou
met hartseer en verlange
Ek dink aan jou
en droom jy´s hier by my
Dink jy aan my
soms in jou eensaam ure
Verlang jy ook, soos ek na jou verlang

Ek dink aan jou
as die maan skyn oor die see
Ek dink aan jou
as die ver wind om my waai
want sonder jou is als leeg en so eensaam
Ek dink aan jou, ek dink aan jou
ek´t jou so lief
Ek dink aan jou, ek dink aan jou
ek´t jou so lief