Jy was in my droom
so wonderskoon en so gelukkig
en toe net daarna
hoor ek die huw´liksklokkies lui

Droom van my, soos ek van jou
Droom van my, soos ek van jou

Jy´t so teervol, sag na my geloer
ek het heeltyd net aan jou gedink
toe het ek gesê ek het jou lief
wyl die kerkkoor net vir ons twee sing
en toe sien ek verder in my droom
Jare in die toekoms hiervandaan
en ek sien ons dan ook hand aan hand
so verlief-verlore net soos nou
In my droom sien ek twee mense staan
oud en afgeleef maar nog verlief
jy hou nog my hand in joune vas
en ons droom dan steeds nog van mekaar

Droom van my, soos ek van jou
Droom van my, soos ek van jou

Na my droom dink ek toe weer daaraan
kan my lewe ook gelukkig wees
moet die dag dan ook ten einde snel
was my droom maar net, maar net ´n droom

Droom van my, soos ek van jou
Droom van my