Kom stap nog eenmaal
Nog net eenmaal
Die pad saam met my
Deur die land waar ek bly
Oor Bolandse berge, met sy sneeukombers
Namakwaland vlaktes goudgeel in blom
Ek soek in die geure, die reën van my land
Maar dis net die reën hier op my gesig

Dis net die reën oor Suid-Afrika
Groen doringbome wat reëndruppels dra
Ek droom in die vreemde van die reën oor my land
Voel in my oe
Trane wat brand
Ek sien hoe sterre die melkweg verlig
Maar dis net die reën hier op my gesig

Kyk nog net eenmaal, nog net eenmaal
As wolke die reën, van die Suide aanbring
Sien proteas blom, teen Leeukop se hang
Hoe bruin wingerdblare geel sonlig vang
Ek kan dit nie keer nie, my hart wil terug
Maar dis net die reën hier op my gesig

Dis net die reën oor Suid-Afrika
Groen doringbome wat reëndruppels dra
Ek droom in die vreemde van die reën oor my land
Voel in my oe
Trane wat brand
Ek sien hoe sterre die melkweg verlig
Tog dis net die reën hier op my gesig