Lieflik is die somer
skone voël gesang
suiwer blou die hemel
grassies gyl en groen
somtyds is daar wolke
somtyds is daar reën
maar dan kom die winter winde
waarin ons die boodskap vinde
dat die dae so verganklik is

Heerlik was die dae
toe ons hand aan hand
langs die see kon wandel
kuier op die strand
al die someraande
van opwinding vol
hartseer kom die herfstyd dan weer
blare val en die windjie fluister
dat die dae so verganklik is

Rustig is die aande
in die maanskyn sag
soet die geur van blomme
in die sterrenag
somtyds waai die windjie
somtyds kom die reën
hartseer kom die herftyd dan weer
blare val en die windjie fluister
dat die dae so verganklik is
dat die dae so verganklik is