As die suidwind waai
Oor die hawe
En die winter-reen huil
Teen my venster
Dan verlang ek na tropiese nagte
En die tyd by die see saam met jou

As die suidwind waai
Oor ons strande
En die seevoels vlieg laag oor die golwe
Dan onthou ek weer koel maanlignagte
En die geur van jasmyn in jou hand

(Praat deel)
Want jy bly nou ver oor die water
En ek is hier alleen
Maar wanneer ek kyk na die sterre
Sal ek jou tussen heide sien staan

As die Suidwind waai oor dir golwe
En die wind bring die geur van die duine
Sien ek weer jou gesig tussen heide
En die klank van jou stem vul die lug
Dan soek ek tussen fonkĀ“lende sterre
Na die vrou wat ek nooit sal vergeet